Michail Kalasjnikof

Michail Kalasjnikof
In die Kremlin, Moskou (Desember 2009).
Gebore
Michail Timofejewitsj Kalasjnikof

10 November 1919
Koerija, Altai-krai
Sterf23 Desember 2013 (op 94)
NasionaliteitRussies
BeroepWapenontwerper
Russiese militaris
Bekend virOntwerper van die AK-47
en AK-74
TitelLuitenant-generaal
EggenootJekaterina Kalasjnikowa

Luitenant-generaal Michail Timofejewitsj Kalasjnikof (Russies: Михаи́л Тимофе́евич Кала́шников; 10 November 191923 Desember 2013) was ’n Russiese wapenontwerper wat veral bekend was vir die ontwerp van die AK-47.

AK-47

Kalasjnikof is in 1938 deur die Rooi Leër opgeroep as ’n tenkdrywer en –werktuigkundige. In Oktober 1941 is hy gewond en vir ses maande huis toe gestuur om te herstel. Daar het hy ander soldate hoor kla oor die Sowjet-gewere van destyds. Hy is daardeur geïnspireer om ’n nuwe handmasjiengeweer te ontwerp.[1]

Hoewel sy eerste en ’n latere poging nie sukses behaal het nie, het hy in 1946 aan ’n kompetisie deelgeneem om ’n aanvalsgeweer te ontwerp.[2] Sy inskrywing, genoem "Michtim" (van Michail Timofejewitsj) het gewen en die prototipe geword vir die ontwikkeling van ’n reeks gewere.[3]

In 1947 het hy die AK-47 (Awtomat Kalasjnikof 1947) ontwerp. In 1956 het dit die Sowjet-weermag se standaardgeweer vir soldate geword. Kalasjnikof het al van sy nalatenskap gesê: "Ek sou verkies het om ’n masjien te ontwerp wat mense kon gebruik het en wat boere kon gehelp het, soos ’n grassnyer."[4]

  1. AK-47 Inventor Doesn't Lose Sleep Over Havoc Wrought With His Invention, Fox News
  2. Bolotin, D.N, "Soviet Small-Arms and Ammunition", bl. 69-70 en 115.
  3. Kalashnikov, Mikhail, "How and Why I Produced My Submachine Gun", in Sputnik: A Digest of Soviet Press, Nowosti-nuusagentskap, Moskou, Junie 1983, bl. 70-75
  4. Kalashnikov: 'I wish I'd made a lawnmower', The Guardian, 30 Julie 2002

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy